Tuine Gemeente

Ons bedieninge

Kinderbediening (3 jaar - gr.6)

Wat doen ons? en Wie is ons?

Tuine glo daarin om ons maatjies soveel as moontlik te laat deelneem en welkom voel. Ons poog om ‘n vriendelike en huishoudelike atmosfeer te skep, waar kinders kan tuisvoel. Kinderkerk/Kleuterkerk vind plaas op Sondagoggende tussen 9:00-10:00 tydens die diens.  Kinders van 3 jaar tot graad 6 word hierby ingesluit. 

Daar word interaktief en op kreatiewe maniere saam met die kinders gewerk, om ’n geloofservaring te skep.

Juventus (Gr.7 – 11)

Wat doen ons? en Wie is ons?

Aanbyeenkomste is ‘n meer  informele byeenkoms met ‘n gemakliker familie atmosfeer. Sondagaande vanaf 17:30 – 19:15. Kontemporêre musiek met ’n aktuele boodskap vorm die kern van ons Juventusbyeenkomste.

Jongmense verdeel in graadgroepe vir besprekings (Gr.7-11) rakende die tema.

Musiekbediening

Lidmate se musiektalent word goed aangewend om geloofservarings te laat plaasvind.

Gasvryheid

Tuine poog om nuwe en bestaande lidmate te laat tuis voel.

Ons konneksie met mekaar is ’n waarde van ons gemeente.  Deur die gebruik van Kuber-wyke word alle lidmate uitgnooi om te behoort.

Vroubediening

Wat doen ons?

Ons kom weekliks op ’n Dinsdagoggend @ 9:00 bymekaar rondom die Woord. Tydens hierdie geleentheid delf ons saam in God se Woord en ontdek elke keer nuwe waarhede wat ons ook prakties in ons eie lewens kan toepas. Hierdeur word ons gehelp om meer en meer na die beeld van Jesus gevorm te word.

Verskeie geleenthede word deur die jaar aangebied waar ons kreatief saam kan verkeer, geinspireer word en soms net onsself so bietjie kan bederf.

Mannebediening

Wat doen ons?

“Manne van die Woord”. Hier groei ons saam in God se Woord en bou in ons verhouding met God, terwyl ons vir mekaar bid en ondersteun.

Retreat

Jaarliks word daar Retreats aangebied vir stilword en meditasie.

100 & Onner

Wanneer die lewe van voltyds werk verby is verander lewens etc.

Wat doen ons?

By die Honnert en Onners is daar ‘’n plekkie vir jou:
Jy wie se tred stadiger geword het;
Jy wie nie meer spore trap na jou eertydse werk toe nie;
Jy wat ervaar en besef dat jou kinders se tempo te vining geword het vir jou;
Jy wat alleen by die huis/kamer sit, jou maats nie meer daar nie.
Kom kuier, lag, leer, speel en luister saam.

Hoe doen ons?

Elke laaste Woensdagoggend van die maand @ 10:00 kuier ons saam in die Tuine Kerksaal.

Kreatiwiteitspan

Lidmate met die gawe van kuns en kreatiwitieit, leef hulle talent uit tydens die kerklike jaar en ander spesiale geleenthede.

Getuienis en Uitreik

Nood is groot – kinderhuise, kleuterskole, ouetehuise en reabilitasie.

Wat doen ons?

Ons doen die barmhartigheidswerk van die gemeente en reik uit na lidmate, diensgroepe en ook die groter gemeenskap waar daar nood is.

Hoe doen ons?

Ons reik uit na gesinne deur in hulle fisiese nood te voorsien (kos), netwerk om gemeenskapsbronne en nood bymekaar uit te bring (bv Huis Prinsloo Pleeghuis) en mobiliseer en inisieer volhoubare uitreikinisiatiewe (Bv Lighuis kleuterskool).

Wie is ons?

Lidmate van Tuine Gemeente wat ‘n verskil in ander se lewe wil maak. Enige persoon wat nog bydraes wil maak of betrokke wil raak, kan die Kerkkantoor skakel vir meer inligting.

Huis Prinsloo Pleeghuis

Wat doen ons?

Ons versorg, ondersteun en bied aan 6 pleegseuns (met ‘n huisouerpaar) ‘n veilige, liefdevolle tuiste waar kinders in gesinsopset kan funksioneer.

Hoe doen ons?

Deur fisies ‘n huis te verskaf, maar ook om emosionele en terapeutiese dienste aan die kinders te bied binne ‘n multi-professionele span.

Wie is ons?

Lidmate, kundiges soos dominees, maatskaplike werkers, onderwysers, rekenkundiges asook opgeleide, gekeurde pleegouers wat 24 uur na die kinders omsien.

Enige persone wat betrokke wil raak by die dienste of bydraes wil maak, kontak asb.:

Doop

As een van ons kerk se sakramente vier ons die doop, as God kinders seën en liefhet.

Wanneer?

Elke eerste Sondag van die maand.

Hoe werk ons?

Indien jy wil doop, voltooi eers die doopvorm wat op ons webblad beskikbaar is. Epos die vorm tesame met ’n foto van baba na info@tuine.co.za. Jy sal dan gekontak word met ’n datum waarop beide ouers die betrokke predikant gaan sien vir ’n doopgesprek, gewoonlik die Woensdag voor die Doopsondag.  ’n Skakel met ‘n kort doopinligtingsvideo word na die ouers gestuur, en moet voor die doogesprek gekyk word.

Finansies

Die Here seën Tuine met finansiële hulpbronne en bates. Ons is verantwoordelik vir die bestuur en aanwending van hierdie gawes.

Hoe doen ons dit?

Werkgroep van Finansies vergader elke 2de laaste Woensdag van die maand.

Hoe kan ek bydra:

EFT, Kaartfasiliteite, Zapper, Kontantinbetaling, Debietorder

Instandhouding

Die vaste bates van die gemeente word as ‘n geskenk van God gesien.

Onderhoud:

Pastorieë, Kerkgebou, Saal en Lokale

Hoe werk ons?

Onderhoud en herstelwerk word gedoen aan die geboue en terrrein.